2344…Ek staan voor God
met die doodskleed aan
ek het so pas
uit die kis geklim
dit was nie die
okkerneuthout kis
waaroor die trane
gerol het nie
dit was omgeruil
ek was vir oulaas besteel
onbevrees
kyk ek op na God
die finale eksamen
God glimlag
en sluit die deur oop
nou weet ek verseker
God se genade is groot
vergewing
is die waarheid
Leave a Reply
Be the First to Comment!