2348…Weskus wind
Die golwe landloop vandag
en spoeg skuimbolle
na mekaar
wanneer hulle val
spat spoegdruppels
tot teen my bene
die golwe praat
met mekaar
en daar is gedurig
‘n geraas
soos ‘n opgewonde
rugbyskare
maar so is dit
aan die weskus
jy is nie alleen
die see praat
met jou
jy is nie alleen
die wind vat
jou woorde
en was dit
in die see
die weskus
bries praat
Leave a Reply
Be the First to Comment!