2351…Ek soek n meisie
n bietjie ouer as wat julle dink
eintlik n bietjie jonger as wat julle dink
my hare is nie grys nie ,dis wit
my bloeddruk is goed die dokter wil dit koop
my oë is nog goed kan goed sien vêr
maar wat naby is moet ek voel
ek het n plat kar,n trok het daaroor gereis
my huis het tralies voor die vensters
op die eerste verdieping
my swembad is 30 grade
n mens hoef nie op te warm nie
my rose ruik die lekkerste in die buurt
een sniff van die roos
is beter as tien cokes
my sin vir humor sal jy selde kry
my skaterlag klink oor berge en dale
ek is lief vir bergklim en blomme
op die top van die berg sit ek en oordink
ek kommer nie oor die toekoms nie
want ek Weet
petrol en kruideniersware werk ek voor
my meisie se kar ,moet sy nog kies
ek soek n meisie met n straaloog
die jare verskil tussen ons vee ons uit
met n staedler uitveër
ek soek n meisie !
Leave a Reply
Be the First to Comment!