2393…Woorde skat
ons elkeen het ‘n
woordeskat
of dit nou ‘n skat
van woorde is
sal niemand weet nie
want jy bly nie lank genoeg nie
‘n waardeskat is wat jy erf
van moederskoot
soos, dankie nooi, redelik,
wanneer, vriendelik, ens
woordeskat is wat jy
langs die pad optel
kaptein, kanon, drol, mishoop,
uitvaagsel, moer, bliksem,
donner
ja, ‘n taal moet
jy kan verstaan
volgens woordeskat
volgens waardeskat
Leave a Reply
Be the First to Comment!