2415…Werelde binne hierdie wêreld
Min mense besef dat
binne hierdie wêreld
kan jy wêrelde skep
jou huiswêreld
saans as jy by die huis kom
dan trek jy die wêreld gordyne toe
jou kinders omsingel jou
eien jou toe
jou vrou kyk glimlaggend toe
haar beurt kom later
jou liefdeswereld
jy stap jou huis binne
jou lief omarm jou
jou dagmantel stroop sy af
naak en weerloos staan jy daar
haar liefdesvuur verteer
jou drinkebroer wêreld
na werk word jy verwelkom
n gratis dop, die res skryf maar op
R300 later strompel jy
na die doodskis bakkie
net jy kan besluit
watter wêreld
wil jy kies
Leave a Reply
Be the First to Comment!