2418…Kyk na die mooie maan my kind
wat van toeka se dae af
vir ons geglimlag het
jou klein handjies
het jy uitgestrek
om die maan te gryp
soos die rooi bal
waarmee ons gespeel het
kyk die mooie maan my kind
die maan wat ons
plesier gee
later op ver paaie
kan ons net afkyk
en weet
die liefdes driehoek
ons twee en die maan
maar nou soms
is daar ‘n skaduwee
voor die maan
wat verhinder
dat ons die mooie maan
kan sien my kind
Leave a Reply
Be the First to Comment!