2406…Die reisiger
sy stap op die kant
van die teerpad
sy oe gerig
op die berge
die swartpad verdwyn
op die laagte
‘n lang slap motor
skuur teen hom verby
die stof walm op
in sy gesig
met traanoe sien hy
die meisie met die
lang swart hare
sy was sy sekretaresse
‘n jaar gelede
hy het geval
hy vee die trane uit sy oe
kyk na die swart pad
en reis voort
eendag gaan hy opvang
Leave a Reply
Be the First to Comment!