2444…Die note heers
R200 note, R100 note,
R50 note, R20 note
en R10 note
wat sal ons tog nie
doen nie vir die
syfer papiere nie
jy koop ‘n huis
jy koop ‘n motor
jy koop ‘n dop
jy koop ‘n lyf
jy koop ‘n ring
jy koop blink
met 40 silwerstukke
kan jy airtime koop
met ‘n miljoen
kan jy nie
een sekonde
koop nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!