2460…Die donker konkel

2460…Die donker konkel

ek is nog nie klaar nie
die donker horison
bekruip my

ek het tyd verspil
nie gedoen toe die
lig daar was nie

nou in die donker
konkel ek

die oggend word ek wakker
‘n aaklike gil

my skemer beeldhou werk
‘n marmer vrou
swaard in die hand

my vrou se kop
in die ander hand

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz