Die matador en die bul
Spanje
die land van die bul
die bul storm
die rooivlag swiep
moedeloos storm die
bul weer
vier banderillas hang
aan sy skof
hy besef hy veg teen ‘n oormag
die picadores het hom gewond
met hulle spiese
die matador veg
teen ‘n verswakte bul
met bloedbelope oe staan
hy en wieg
die matador storm triomfanklik
en deurboor die bul
met sy lang swaard
‘n trotse bul sterf
teen ‘n oormag
gee die bul
‘n gelyke kans
Leave a Reply
Be the First to Comment!