Op die sand strand
ek is weer kind
op die sand strand
ek bou ‘n berg
hulle skop dit plat
my berg weg
ek bou ‘n kasteel
met baie torings
hulle bewonder dit
waars mamma
vra hulle
ek bou haar
uit nat sand
perfek met die
snik daarby
ons drie sit daar
en vorm ‘n muur
hierdie keer
sal sy nie
wegspoel nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!