30 Jaar KWV
Rooibloed teen die kerslig
loer ons
met ontsag proe ons
20 jaar rol oor ons tonge
‘n honderd jaar oue wynstok
huiwer in die agtergrond
gevul met hierdie wysheid
vertel ek haar
van die winter jagermeister
die koue puskin vodka
wat warmte bring
die 100 pipers whisky
wat jou mal laat dans
die 10 jaar KWV
wat jou roekeloos maak
sy het grootoog na my gekyk
en die laaste KWV vir
my geskink
wipgat
het sy uitgestap
Leave a Reply
Be the First to Comment!