my appeltjie

my appeltjie

ek onthou nog
hoe ek jare gelede

in die boord gestap het
honger soos n wolf

die appels het geurig
deur die blare vir my geloer

die granny smith het probeer
maar was nie goedgekeur

red lady het pragtig gelyk
maar was hard gewees

golden delicious was
bekwater lekker gewees

suurappel, gifappel,spikkelappel
het almal probeer

maar jy my oogappel
is nog steeds by my

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz