prinses van die nag
waarom dra jy n masker
waarom wys jy nie wie
jy is nie
die ure tot middernag
kan ek nie tel nie
prinses van die nag
waarom vertel jy nie
my hart galop
my moer is kort
prinses van die maskerbal
wanneer gaan jy
jouself ontbloot
prinses van die nag
jy ontglip
my ywerige hande
die misterie van die nag
nie ontrafel nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!