2553…My skat
diep weggepak en vol stof
kry ek hierdie kis
dit is vreemd hier in my garage
ek het dit nooit raakgesien nie
versigtig maar ek dit oop
heel bo lê ‘n stukkende karretjie
ek was 8 en kwaad vir my pa gewees
en toe op dit gespring
ek kry die buustelyfie
van my eerste meisie
ons was sestien
lente was in die lug
ek was onverantwoordelik
toe hardloop sy en gooi dit vir my
haar laaste woorde was
dit is al wat jy ooit van
my sal kry
ek kry ‘n pakkie briewe
liefdesbriewe van my vrou
dit was eers kosbaar
maar lê nou vergete
drie platgetrapte black label blikkies
my batchelor paartie aand
ek wil nie eens daaraan dink nie
heel onder lê ons trouring
met ‘n knop en traanoog
hou ek dit in my hand
vanaand nog gaan ek probeer regmaak
die grootste skat is nie meer
in my skatkis
Leave a Reply
Be the First to Comment!