2563…Die teerpad strek

2563…Die teerpad strek

eindeloos voor my
die spikkel lyn
wat verby flits
die geel strepe
aan die kant
wat my in toom hou

die aasvoels vlieg
moeilik die lug in
van die karkas
in die pad

die mynas is te stadig
en drie hang leweloos
aan die bumper
a free ride na nêrens

die gatkant van
die agtien wieler
storm my tegemoet
die ABS remme red my

dankie Vader sê ek

die teerpad strek
nie meer na nêrens
dankbaar sing ek

Daar’s ‘n dierbare kruis

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz