2596…Vanaand kon ons toe praat

2596…Vanaand kon ons toe praat

Dit was jare gelede gewees
toe ons die eerste opgewonde woorde
vir mekaar gesê het

woorde soos , jy is sexy, jy is ook !
jy is interessant, jy is ook !
jy is aantreklik , jy is ook !

so het ons mekaar gevlei
so het ons mekaar toe gevry
lank nog voor die troue

nou lank na die troue
het ons paadjies geskei
afsydig en leeg het ons

oor die kinders gepraat
senu bondelkies nog pa, nog ma !
die stiltes ,verwyt

ons het vanaand gepraat !
die weglyf van vandag , hunker

nogsteeds na gister!

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz