2597…Die afvlerk engelkie
DIE reen nag
toe my motorligte
op jou geskyn het
sal ek altyd onthou
jou oe was wild
maar het gepleit
ek het jou
na my huis gebring
waar daar warmte was
jou bibber het opgehou
my kos het jy geeet
met jou pleit oe
het jy my gevolg
drie jare is jy
nou al by my
jou bang oe
volg my gedurig rond
maar ek weet
dat jy
my afvlerk engeltjie
nie kan wegvlieg
Leave a Reply
Be the First to Comment!