2598…Eenkant kinders
Ek het dikwels gewonder
waarom ek in die duwwelkies
moes loop
waarom ek uitgevang was
wanneer ek afskryf
waarom die meisie my vermy het
was dit oor my stukkende skoene gewees
waarom ek nie geld het nie
was dit omdat ek te eerlik was
Ja God se eenkantkinders
laat hy begaan
maar wanneer ons
by die randjie van die afgrond kom
ruk Hy ons terug
ons weet waarom!
omdat God
ons liefhet
Leave a Reply
Be the First to Comment!