2611…Die son is lus vanaand
Hy het ‘n harde dag
agter die rug gehad
en wil ‘n stywe dop drink
en ‘n bietjie speel
toe hy oor die horison verdwyn
gryp hy ‘n paar vlieswolkies
om saam bed toe te neem
moreoggend as die son opkom
huil die verwagtende wolkies
die trane stort op die aarde neer
die mense juig
dit was nie tevergeefs
Leave a Reply
Be the First to Comment!