2642…Gedigte teel ,Kom ons deel!

2642…Gedigte teel ,Kom ons deel!

Toe ons begin dig het ,het die opgekropte gevoelens n uitlaatklep gevind,die gal word gebreek , n stortvloed van verwyt, van haat , van verontregting word uitgestort, reguit op die man af . Maar later kom die kreatiewe
mens tevoorskyn, ons dig van hoop, liefde, n nuwe toekoms, die mense lees dit en gee hoop, waarom lees hulle my snot en trane stories , ja ,hulle weet ook daarvan , hulle vertel ook en HOOP . Elke mens hoop , op die toekoms ? op ander mense ? op geld ? maar die hoop beskaam nie , ons het die reg om te hoop. baie van ons eerste gedigte was emosioneel geskrywe, ons moes uitpak, so het ons ontslae geraak van die nagmerries in ons lewe, ons kon aangaan , die pen in die hand gee ons mag , op woes kon ons n uitlaatklep vind , .Digtersvryheid binne die reels het ons vrye skryf gegee, Dankie Willem vir woes . Groete. BERG

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz