2646…Jy is so warm soos ‘n kers

2646…Jy is so warm soos ‘n kers

wit huiltrane
stroom teen jou wange af
halfpad droog hulle op

die trane van smart
stroom bo oor die huil

tot by die trane
van verdriet

die berou trane
plons op die vloer

om warm polsend
uitmekaar te spat

soos drome van weleer

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz