2660…God kom kuier by my
ek sit 2 glase lemoensap reg
ek sit 2 borde oesters reg
ek sit 2 fillets reg
ek sit 2 stukke kingklip reg
God sal gevlei voel
God sal spesiaal voel
God sal geniet
God sal sê dit was puik
maar God show nie
God het nie gekom nie
Op die drumpel lê
‘n kruisboek
ek maak dit oop
ek bly soek!
Leave a Reply
Be the First to Comment!