2730…Die duiwel en die telraam
Bliksem se die duiwel en skuif reg
sy telraam uitgehaal en afgestof
sy bottel klipdrift premium byderhand
en genoeg koke ook
my kinders flenter rond vandag sê hy
en lig sy glas saam met n paar van hulle
sommer ook saam met die agter die wiel
want hy weet hulle laat wiel !
sommer neat die volgende dop
hy knyp die half vol bottel
styf vas tussen sy bene
in afwagtig , hy weet dit gaan nou gebeur
n helse orgasme ,blokkeer die voorruit
die opel brul saam
die tweegat xhaust spoeg vlam
die drywer log in op die rear view mirror
ver agter is die poepol
hy log terug
op die trok voor staan
VICEROY
die duiwel glimlag
en skuif
nog drie balletjies
en skink n triple dop
Leave a Reply
Be the First to Comment!