2743…n happie van …
jou nougat
ek rol die soet
op my tong
dit was in standerd ses gewees
jou diepkyk blou oe
het ek eers in standerd gesien
jou sagtongsoen het
ek eers in matriek ervaar
maar nou na dertig jaar
sien ek jou plooioog
jou jammeroog
maar ons weet
dat na al die jare
is nougat nog soet
Leave a Reply
Be the First to Comment!