jou liefde maak dit stil!
ek lê styf teen jou
wanneer jy my vashou
is ek nie bang
vir die storms
wat ruk ruk aan die vensters
ek is nou nie deel
van die lewens oseaan nie
my kaptein jy het gesê
ek kan rus in jou kajuit
my kaptein, die see is grys
en spring op en af daarbuite
my kaptein,jou liefde
maak dit windstil
hier…binne
Leave a Reply
Be the First to Comment!