Die mooi wat jy saai, het ewigheids waarde
Die R30 wat jy vir die karwag gee
het hy nie verwag nie
in sy geestesoog koop hy brood
die R500 vir die vrou met die honger oe
sy is nie n hoer soos die ou agter jou gedink het
daar was dankbaarheid in haar hart
die R1000 vir die oumens se huur
sy is al baie naby aan die hemel
maar moet nog hier bly
elke maand stuur God haar huur
dit was my beurt hierdie maand
want ek het ekstra gekry
God plaas hekkies voor jou
jy kon eerder iets vir jouself gekoop het
maar jy kon sonder dit klaargekom het
moenie die korrels
op die kant van die land ook vat nie
dit is vir GOD se kruppel kinders
saai jou dankoffersaad
op die land van die ewigheid
en God sal jou n meer van liefde gee
waaruit ander ook kan drink
wat meer het n mens nodig
Onthou jy nog die bordjie
om die ou man se nek
GOD BLESS YOU
Wat sê jy nou
hartseer mensie
Leave a Reply
Be the First to Comment!