Donkernag lê ons naak op die lappieskombers
Jou vingerpunte
reis oor my lyf
luswekkend
tintellinend
golf jou vingers
oor my lyf
jou vingerpunte reis
oor berge en oor dale
oral waar dit gaan
is dit aangenaam
jou jaagasem mond
proe aangenaam
effe souterig
ouma het gesê
stroopsoet kan nog gaan
maar sout is die smaak
van die rowwe brander
wat meesleur
sopnat skrik ek wakker
Leave a Reply
Be the First to Comment!