Die jagsseisoen eindig sondagnag
Daar word koorsagtig voorberei
sy dek die tafel alles rooi
selfs die cabernet
net so oud soos sy
die jagmes versteek sy
tussen die blomme
sy klop so ferm
soos sy druk
sy cabernet
so oud soos hy
die rooiwyn meng
die bloed borrel slymerig
sy sit haar jagmes terug
tevrede met haar prooi
trek sy haar naels in
dit was nie
die eerste keer
gewees nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!