3000,3000 Mag God my stem nog nie stilmaak nie , Mag ek op 61 nog tyd oor hê
Mag die lewensvreugde
wat deur my are bruis
nooit vergaan nie
terwyl ek nog op aarde ruis
waarom al hierdie woorde
in my skoot gegooi
soos n kleuter
het ek gespeel
en kindersin gemaak
hulle het gesmile
ek het gekruip
en knie gebloei
treetjie vir treetjie
het ek die nuwe wereld betree
kommentaar soos min
hulle het baie gelees
maar min gepraat
die woordmengsel
het gefermenteer
en is 680,000 keer gelees
waarom ? weet ek nie
miskien die anders pad
mag daar n blywende woord
of sin
of gedig
agterbly
om n hart , n smile , n seer
te besweer !
my vreugde sal groot wees
as net een mens weet
waar Golgota staan
Leave a Reply
Be the First to Comment!