Tussen die sand en die see. vir Rools

Tussen die sand en die see. vir Rools

Speel die skuimbranderkies
om ons enkels

dieper,tot by die knie
het ons dit gewaag

die parmantige krul branders
het ons platgeslaan en gerol

jare lank het ons saam gebrander
op blouberg se strand

ons maatband gesmee
toe het jy nie meer opgedaag nie

alleen het ek
die branders gedurf
seer alleen

alleen sardiens gevang
alleen sardiens geeet

vandag 14 februarie
het ek jou weer gesien
op die sandveld

na 20 jaar is jy nog alleen
die maatband was gesmee

hulle sê
seagulls mate forever

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz