Hoe die lewe gebeur . n moet lees gedig !
vierkantig gebox
in rye geplak
blok vir blok
staan die huisies
die deure oop
lyk soos wink
ek kyk
by die eerste deur in
om ‘n tafel sit drie maer kinders
en brood eet
die ma sit leegoog en kyk
die pa vreet steers
en sluk uit die halfjack klippies
ek sluk swaar en stap verby
die lewe is onregverdig
by huis nommer 2
sing michael jackson ghostwalk songs
die bra lus meisie so veertien plus
maak die outjies lus
die vodka spin en
spin al meer
ek sluk swaar
die ooievaar
sal moelik die job aanvaar
Leave a Reply
Be the First to Comment!