El wil jou vlees deel
so dink jy
so dink ander
ek wil net ‘n hartkamer
by jou huur
ek wil nie jou
hart beset
jy het my alreeds belet
ek wil net na jou
hartklop luister
ek wil net hoor die
lied wat jou hart sing
ek wil net na jou
hartklop luister
ek wil net hoor die lied
wat jou laat sing
ek wil net hoor
wanneer jou hart snik
ek wil net hoor
wanneer jou hart traan
ek wil net hoor
wanneer jou hart bons
Leave a Reply
Be the First to Comment!