Jonathan Livingston Seagull
Treurig sit jy op my stoep
en wag
Jou swartblink oe star
jou swart en wit vlerke
gespan vir vlug
die winde van hartseer
het jou tot hier laat vlieg
groener weivelde het
hulle gese
meer wyfies slim en trim
oor die ashope het
net maar
verwilderde wyfies gevlieg
om in die stront wat die
masjiene oopstoot
‘n happie te soek
Jonathan ek verstaan
ek en en jy is baie eners
ons is voels van
eenderste vere
Leave a Reply
Be the First to Comment!