Hoe meer tree jy gee
hoe nader kom jy
jare al stap jy sy pad
by die kruispad
het jy haar saamgesleep
listig, met stroop bek
die prentjie ingekleur
het sy geglo
dit was lente
al die veld was vrolik
maar die slang het gewag
en my vrolike vinkie gevang
dof is haar oe
en pyn is haar hart
die satan sien
en se
dit is goed
jy glimlag satanskind
maar jy weet nie
hy gaan jou binnekort braai
op sy rooster van vergelding
saam met die ou olifante
die brandsiek perde
en die dol honde
die satan neurie
‘n wiegelied
Leave a Reply
Be the First to Comment!