As ek daaraan dink
Die weemoedige herfswindjie
kielie oor my wang
en koel die warm van die somer
die bontbruin blare warrel
om my voete rond
die mooi om my
begin dood
hoe ver is my herfs
die koue warrel
op my wang vertel
dit is nog nie winter nie
dankbaar kyk ek op
en sê dankie ek weet
daar is nog n jaar gegee
Leave a Reply
Be the First to Comment!