Die maangodin glimlag skalks op die rand van die groot krater
Sy sit en treur op die rand
van die groot krater manos
eeue lank wag sy al op sy koms
in die middel van die krater
plof dit neer
opgewonde sien sy die stofstreep
wat op haar afpeil
apollo robot stop voor haar
draai sy rug op haar
en vou sy sonpanele oop
maangodin se trane van verwerping
plof in die stof
Leave a Reply
Be the First to Comment!