WOES
Dit was lag en
blinkoog aand gewees
glasies vol en
en glasies leeg gewees
mettertyd het dit woes gezoem
digters gemoedelikheid het oorheers
gehug, gedruk, gekus, gekwes ?
die naby,mens, was gedeel, gewaardeer
ons taal word gepraat
die bye het gezoem
nuwe woorde word gebruik
ou woorde word opgegrawe
spens,moerkoffie,vuurherd
klop, disselboom ,stuitigheid
en soo voorts was kwistig
gebruik
die wat dink ons taal slaap
was nie daar om te hoor nie
die vinger ete was verassend
liplek lekker ek het al tien
my vingers afgelek
een ou het elf afgelek
nou ja !
Lydia het met haar goue stem het
kleur aan die gedigte gegee
Ammimoon het vasgeskop
en het braaf haar gedigte
weskuslangs gestuur !
die naby het ons een gemaak
ons praat ons taal
ons skryf ons taal
ons lief ons taal
ons lief WOES
Willem jou Afrikaans
is ons Afrikaans
DANKIE vir WOES
vir nou het ons nie woorde nie
TOT MORE!
Leave a Reply
Be the First to Comment!