My warm kosmiese hart
Strale reik tot daar waar
ek jou hartklop kan voel
warm strale spoel oor jou
en stuur menswarmte terug
strale van liefde,verwagting
hunker en hartseer
ons weet hierdie hartraak
gebeur net eenmaal in n leeftyd
party hou n leeftyd
ander sterf in die woestyn
van sonde
kom ons leer die ritme
van ons hartklop my lief
sodat ons kan leef
in die ruimte
wat God ons gee
Leave a Reply
Be the First to Comment!