Die dag toe GOD….Die gordyne oopgetrek het ….Het ons n stukkie hemel gesien….
Die dag toe my kind gebore is
Het ek n stukkie hemel gesien
Die dag toe ek en my meisie
gekys het,
Het ek n stukkie Hemel gesien
Ek het geweet dat die blou
wat ek sien as ek opkyk
verder as die sterre reik
daarbo iewers woon GOD
in die hemel
Maar ek het nie geweet
dat GOD hier is
Hier binne my in my borskas
ek lewe saam met HOM
die geklop van my hart
is hard ek voel dit
ek hoor dit
elke keer as ek oogkyk
elke keer as ek lag
elke keer as ek knopsluk
elke keer as ek huil
elke keer as ek hartseer
dan skuif ek self die gordyn oop
JA die hemel is hier
GOD gee aan jou die mag
Om hemels te lewe
MAAR die potholes is oral
Wees bedag
DAT jy die sleutel van geluk
langs jou hart hou
Die pad na die ewigheid
is HIER
Leave a Reply
Be the First to Comment!