Spotprentjie…
Was dit jy gewees wat
die kysbriefie teen die bord
geplak het
wat die droebrood kosblik
op juffrou se tafel gesit het
jou duiwelslaggie het weerklink
jy het dit geniet om te verneder
toe ek rugby kaptein geword het
wou jy deel in die glans
maar kysbrief en kosblik
het my weerhou
maar jou hormoon charm
kon ek nie weerstaan
maar vandag voor die kansel
is kysbrief , kosblik,en verneder
ook daar
voor die kansel
gaan ek duiwelslag
en omdraai!
Leave a Reply
Be the First to Comment!