Ek is leeg

Ek is leeg

Elke letter
elke woord
elke sin
elke blad

geskryf oor my liefde vir jou

jy het stram gebly
my woorde lomp
by die duisend

toe ek eers digpraat
begin jy verstaan

met my pen op jou lyf
skryf ek nou

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz