3121…Jy kan weer lewe
Vasgespyker hang Hy
voor die wêreld
ek strompel maar voort
deur die lewe watter pad
kom eet van My brood
kom drink van My wyn
het jy die tye gemis
toe die Here in jou lewe
opgestaan het
die dag van die hi-jack
die lood was deur die dashbord
die dag van die motorongeluk
jy moes nie gelewe het nie
n maand daarna toe drink jy weer
die dag toe jou vrou jou verlaat het
toe het die Here in jou lewe opgestaan
toe het jy hom herken
erken jy Hom nou
As Jesus jou nie geken het nie
Dan het jy Jesus nie geken nie
Dan was jy dood
Jy kan weer lewe
Leave a Reply
Be the First to Comment!