Waarom eet ek elke jaar jou koek
Omdat jy wat nie juis kan bak nie
maar elke jaar al n week voor my verjaarsdag begin oefen om koek te bak
Jou entoesiasme ken geen perke
jy belowe my elke keer dat hierdie koek
baie spesiaal gaan wees
ek verduur maar die traffic
gedurende daai week
maar sien tog uit na wat
hierdie jaar gaan gebeur
die dag breek toe uiteindelik aan
vriende , bure en al , was hier
wat n moerse koek met 40 kerse en al
almal was naderhand stroopsoet huistoe
toe face ek my lief oor die reste
my vrese was bewaarheid
sy lig haar hand, ek kon nie koes
die koek tref my teen die ken
half bewusteloos lek ek my lippe af
sy het belowe
hierdie jaar gaan dit n spesiale koek wees
Leave a Reply
Be the First to Comment!