3122….Ek wil jou verf….ek is nie beperk nie!
Met hale van my kwas
verf ek jou soepel lyf
met hale van my kwas
skets ek jou blou blink oog
met hale van my kwas
skets ek jou rondings rond
met hale van my kwas
skets ek jou vrou se donker lok
met hale van my kwas
skilder ek jou borste rond
vrou van my droom
op seil vasgevang
onbereikbaar eg
ek meng my verf
en sterf
Leave a Reply
Be the First to Comment!