3136…Die mooiste droom…droom ek nog

3136…Die mooiste droom…droom ek nog

dit was ‘n woes tyd
in my lewe gewees
toe lees ek jou gedig

so asof dit vir
my geskryf is
ek het veral gehou
van die woorde
"my sag appelkoos oog"

jy was ‘n vrugte man gewees
het ek agtergekom toe
jy geskryf het
"ek maak vir jou die
lekkerste piesang fritters"

toe jy geskryf het
oor die grenadilla
"met my soepel tong
lek lek ek die soet vrug
pitjie vir pitjie
slurp ek"

groente was ook nie
agtergelaat nie
"twee ronde ferm
spanspekke staar my aan"

hierdie tyd van die maand
is die tyd dat ek nie hoef
te koel komkommer nie

dream maker se moer
my groentesmous

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz