3159….Die vuur van die hart…Die begeerte van die vlees….

3159….Die vuur van die hart…Die begeerte van die vlees….

Die warm geurige maalyd
word met mes en vurk geniet

die maal van die vlees
word gulsig verorber

die gevreet stil nie die honger nie

maar die vuur van die hart
brand lewenslank

solank as wat jou bloed
soekend deur jou are ruis

die vuur van die gees
wat binne ons is

sal nooit kan brand
as ons nie soek nie

en wanneer jy Jesus eers gevind het

sal die vuur van die ewige lewe
die vuur van liefde

in jou brand
vir ewig

en almal sal dit kan herken

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz