3181…Die ruwe maag

3181…Die ruwe maag

moet alles verteer
wat jy daarin gooi

6 doppe klipdrift
meng nie met
aartappelslaai nie

meng nie met
uie, agurkie, wortel
en beetslaai nie

6 glase rooiwyn
meng nie met
botterkool, shrimps
en kreef nie

6 glase Mc Loveren whisky
meng nie met
‘n bloubul fillet
‘n bak slakke
‘n bak roomys
nie

die maag revolusie
begin verwerp
die oorvreet

6 doppe klipdrift
6 glase rooiwyn
6 glase Mc Loveren
uitgewerp

die arme maag
is tog die baas

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz