3168…Jy is alles wat ek begeer

3168…Jy is alles wat ek begeer

ek kan jou vashou
wanneer ek wil

ek kan jou hare streel
ek kan in jou blink
blou oe kyk
ek kan jou lag hoor

ek ervaar jou saghart
ek ervaar jou liefde
ek ervaar jou passie

ek lees jou gedigte
jou verlangens
jou versugtinge

ek het al meer
as ‘n duisend keer
vir jou geskryf
maar ons ontmoet nie

want jy het gese
as ek jou ken
dan gaan jy ophou skryf

dit is lekker
in die land van droom
in die land van verbeel
in die land van liefde

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz