3206….Die reier soek n maat
Voordat die son
nog sy kombers afgegooi het
sien ek die reier
vlieg in die koel herfslug
die waterpanne krimp elke jaar
en minder reiers kom broei hier
hy het nog nie n maat gekry
maar die natuur dryf hom voort
die paringsdrang is groot
sy linkerbeen hang halfmas
sekretarisvoel het hom geskop
hy het by sy wyfie probeer aanlê
dit is nou die vyfde keer dat hy
oor die panne vlieg
met n sug draai hy sy kop na reierland
en begin swaarvlerk terugvlieg
Leave a Reply
Be the First to Comment!